The SU Wordfest is upon us and you will have to act if you want to get tickets since some shows are already sold out.
Some of the most popular shows are Nataniël: Menopouse en ander gloede; 15 Vroue and Tango.
The good news is that there are still tickets available for some of the shows (and staff members van even win some tickets!).
Translation in English to follow:
Lottering Live: Mark Lottering bring sy gewilde karakters Auntie Merle Abrahams van Athlone en Smiley, die geldinsamelaar op die taxi, na die Spier Amfiteater toe op 8 Maart om 20:30. Wen 'n dubbelkaartjie na hierdie vertoning deur die antwoord van die vraag wat in die Boschtelegram gevra is, na die gegewe adres te stuur. Dui ook aan jou voorkeur is hierdie vertoning.
Die ongelooflike reis van Max en Lola met Vinette Ebrahim en Chris van Niekerk. Max is 80, wit en gay. Lola is 79, bruin en bekkig. Hulle baldadige vriendskap kom al amper 50 jaar, vanuit 'n tyd toe sulke verhoudings verbode was. Hulle eiesoortige humor en liefde vir bioscope was 'n leeftyd lank hulle ontvlugting. Hulle reis was sorgeloos en vol liefde. Maar nou het oudword hulle bekruip... 8 Maart 16:00 & 20:30 | 9 Maart 11:00 | kykNET Hoërskool Stellenbosch
Wellingtonse Suiker met Gerhard Steyn, Richard van der Westhuizen en die Kunstekaap Jeugorkes, 7 Maart 18:00 | Neethlingshof. Dit is maar net een van die piekniekkonsert by Neethlingshof.
US Jazz band-konsert met Jannie Moolman, Gloria Bosman en die Universiteit Stellenbosch Jazz Band Jazz Band. 13 Maart 18:00 | Neethlingshof. Daar is vyf dubbelkaartjies te wen vir hierdie vertoning. Stuur die antwoord van die vraag wat in die Boschtelegram gevra is na die gegewe adres. Dui ook aan jou voorkeur is hierdie vertoning.
Ander kunstenaars wat hier optree is Jeremy Loops en Matthew Mole (8 Maart), Elvis Blue (9 Maart); Koos van der Merwe (sing Leonard Cohen) (10 Maart), Radio Kalahari Orkes (11 Maart), Jaloersbokkies (12 Maart), Adam en die Heavenly Quartez (14 Maart) en die Heuwels Fantasties (15 Maart).
Karen Zoid & Emo Adams – Sprokie vir 'n stadskind: Dié ongewone kombinasie van twee briljante musikante en 'n uitmuntende musiekgroep wat saam 'n 'paar songs doen', sal jou betower. 9 Maart 20:30 | Spier Amfiteater.
Vir die klassieke musiekliefhebber bied die Woordfees die Klassieke Musiekfees. Boschtelegram sal een stel kaartjies weggee na elk van die volgende vertonings. Stuur die antwoord van die vraag wat in die Boschtelegram gevra is na die gegewe adres. Dui ook jou voorkeur aan vir twee of drie van die onderstaande vertonings.
7 & 8 Maart 20:00: Universiteit Stellenbosch Simfonie-orkes (USSO)
9 Maart 13:00: TwoPianists met Luis Malgalhaes en Nina Schumann
9 Maart 16:30: Genova & Dimitrov Klavier Duo
11 Maart 20:00: Cape Town Tango Ensemble
12 Maart 19:30: Paul Cilliers-gedenkkonsert
14 Maart 20:00: Celli-familie
15 Maart 17:30: US Camerata
16 Maart 16:30: Afrikaanse Lied
Soos altyd, sal daar verskeie gesprekke wees om by te woon as deel van die Woordfees Diskoers-reeks. RSG sal regstreeks uitsaai vanaf die Erfurtkafee – die Woordfees se nuwe tuiste.
Kom luister gerus na, of skakel in op, Monitor (10-14 Maart) om 08:00, Spektrum (10-14 Maart) om 13:00 en Naweek aktueel (Saterdag 15 Maart) om 12:00.
Die Stellenbosch Moederkerk bied die gespreksreeks 'Geloof op die Markplein' aan terwyl die Van Zyl Slabbert-diskoersreeks interessante onderwerpe sal aanraak soos 'Die US – 'n Nuwe Hogwarts?'
Kom luister ook gerus na die gewilde Beste Professor-gespreksreeks onder leiding van oud-rektor professor Andreas van Wyk. Dit word soggens om 09:00 by die Vette Mossel restaurant oorkant die Eikestad Klankkamer: Boektent aangebied.
Tydens dié informele, informatiewe gesprekke word daar gesels oor ʼn verskeidenheid onderwerpe wat Suid-Afrikaners se daaglikse handel en wandel raak. Geniet ʼn ontbyt by De Vette Mossel (vir eie rekening), terwyl jy luister na die ryp insigte van meningsvormers wat ʼn lewe in die akademie agter die rug het.
- Op Maandag 10 Maart praat prof Owen Dean, wat 'n leerstoel beklee in Intellektuele Goederereg, oor "Sigaretpakkies sonder handelsmerke: binnekort ook wynbottels?"
- Emeritus professor in Politieke Wetenskap, Willie Breytenbach, kom Dinsdag aan die beurt met "Die algemene verkiesing op 7 Mei 2014: Ou trant, of keerpunt?"
- Op Woensdag 12 Maart gesels prof Christo Viljoen, voormalige Vise-rektor: Bedryf oor "Stellenbosch en Suid-Afrika se verlede en toekoms in ruimteverkenning".
- Die stigtersdirekteur van STIAS, prof Bernard Lategan, is Donderdag 13 Maart aan die woord oor "Post-Christelike waardes in die Weste en in Suid-Afrika".
- Die reeks word Vrydag 14 Maart afgesluit deur die voormalige hoofekonoom van Rand Merchant Bank en buitengewone professor in Ekonomie, Rudolf Gouws, met "Wat makeer ons ekonomie?"
Die gesprekke duur 50 minute en kaartjies is beskikbaar by die deur.
Baie dankie aan diegene wat verlede week aan die Boschtelegram se Woordfees-kompetisie deelgeneem het.
Uit die antwoorde blyk dat Personeelsake en die Dagboek die twee mees gewilde items op die Boschtelegram is.
